DIENSTE
LPS lewer na skool die volgende remediërende en akademiese ondersteuningsdienste aan alle leerders en ouers in die gemeenskap en van naburige skole.
BREINPROFIELE
Breinprofiele is beskikbaar vir leerders en volwassenes in die gemeenskap. Die NBI™ instrument word aangewend om leerders en volwassenes se denkvoorkeure te bepaal.
Kennis van jou profiel verskaf nie net waardevolle inligting oor die wyses waarop kinders leer nie, maar ook insig in die verskille tussen ouers en kinders, leerders en onderwysers en enige ander verhouding waarbinne ons daagliks funksioneer. Hierdie insig verbeter studiemetodes, verdraagsaamheid teenoor ander en begrip vir jou eie gedrag en gedrag teenoor ander. Gesinsprofiele verskaf ook waardevolle inligting oor die verhoudings en haakplekke tussen gesinslede.
‘n Verskeidenheid van profiele word gedoen bv. leierskap-, ouerskap-, student- en sportprofiele.
Kontak Gerda van Wyk 082 338 2645 of 012 365 2151 of epos aan gerda@lynnwoodps.co.za
STUDIEMETODES EN STRATEGIEë
Studiehulp is beskikbaar vir leerderes van alle skole en vind slegs op ‘n individuele basis plaas. Leerders word toegerus met effektiewe studietegnieke en leerstrategieë om hul sodoende instaat te stel om hul akademiese potensiaal met gemak te kan bereik. Leerstrategieë, o.a. kernwoordidentifisering, opsommings en geheuetegnieke, word prakties op hulle skoolwerk toegepas wat hul sodoende reeds voorbereid laat vir toetse en eksamens. ‘n Studie assessering word aangewend om probleemareas te identifiseer.
Hierdie hulp word gekoppel aan breinprofiele om sodoende leerders se voorkeur denkwyses en leermetodes te benut in die studieproses.
STUDIEWERKSWINKEL VIR OUERS
Hierdie werkswinkel gee leiding aan ouers in die effektiewe ondersteuning aan kinders in die leer- en studieproses en spreek die verantwoordelikheidsrolle van kind en ouer aan.
Kontak gerus die skool.
LEESTERAPIE
Leesterapie is beskikbaar vir leerders van alle skole en word slegs op ‘n individuele basis aangebied, omdat die oorsake van leesprobleme verskil van leerder tot leerder en leesprobleme nie in isolasie bestaan of hanteer kan word nie.
‘n Diagnostiese leesassering identifiseer die moontlike oorsake van die leesprobleem en sodoende word leeshulp gefokus om die individuele en unieke oorsake aan te spreek en agterstande uit te wis.
Ons leesprogram is die resultaat van toegewyde akademiese navorsing in ‘n reuse soektog na doeltreffende wyses om lees te verbeter. Gerda is die krywer en mede skrywer van verskeie akademiese referate in die veld van tegnologies ondersteunde lees en leer en sy het reeds twee internasionale akademiese publikasies die lig laat sien. Die vordering en prestasies van leerders is bewys van haar kennis en ervaring.
LAERSKOOL WISKUNDE VIR OUERS (MATHS FOR DUMMY PARENTS)
Hierdie kursus word deur me. Elize van Eden aangebied. Ouers word toegerus om leerders tuis te ondersteun met wiskunde. Ouers word voorgestel aan die Wiskunde metodes wat in die laerskool gebruik word en hoe om dit op 'n logiese manier vir jou kind te verduidelik. Heelwat ouers is bang om tuis wiskunde te verduidelik omdat hulle nie hul kinders wil verwar nie.
Kontak Elize van Eden by 082 872 9528 of Gerda van Wyk by 082 338 2645.
STUDIE-UUR VIR HUISWERK
Maandae tot Donderdae is daar 'n amptelike formele studie-uur van 14:00 tot 15:00. Hierdie toegewyde studie-uur vind plaas onder toesig van 'n onderwyser met gepaste hulpverlening. Die idee is om druk van die ouers te verminder om soveel as moontlik huiswerk by die skool af te handel. Daar is ook onmiddelike hulp beskikbaar. Let asseblief op dat hierdie nie 'n ekstra klas is nie maar huiswerk.
Kontak Francois van Wyk by 079 219 4491.
DIE KNIBBELKAS
Ligte etes word daagliks aangebied vir leerders wat hul kosblikke vergeet het of honger word by die skool. Leerders wat die studie-uur bywoon kan ook hier iets te ete kry.
Spyskaart:
Maandae - Worsbroodjies of pasteie
Dinsdae - Geroosterde hoender en mayonaise of geroosterde kaasbroodjies
Woensdae - Mini pizzas
Donderdae - Geroosterde broodjies
Alle kospakkies is R20.
Roomys, skyfies en koeldrank vir R10.
VRYDAE SNOEPIE
Die graad 7 leerders bestuur die snoepie op Vrydae as praktiese inoefening en integrasie van Ekonomiese en bestuurswetenskappe as vak. Hier leer hul al die aksies van 'n besigheid baasraak terwyl die ander leerders bederf word met lekkernye.
NASKOOLKSENTRUM
Die naskoolsentrum is op die perseel van Lynnwood Privaatskool geleë en is oop vir leerders van enige skool. Huiswerk word voltooi onder toesig. Naskoolleerders in die intersenfase moet by die studie-uur inskakel van Maandae tot Donderdae. Grondslagfase leerders word by die naskool gehelp met hulle huiswerk.
Die naskoolsentrum is van Maandae tot Donderdae oop tot 17:00.
‘n Ligte maaltyd word verskaf.
Huiswerk word afgewissel met vryspel.
Die vaste fooi vir die naskoolsentrum is betaalbaar oor 10 maande. Hierdie fooi kan vir u gerief aangepas word indien u dit sou wou versprei oor 12 maande.
-
Vaste maandelikse fooi - R1100 per maand. Leerders wat die studie-uur bywoon se gelde beloop R 950 met ete ingesluit
-
Daaglikse ad hoc basis - R100 per middag
-
Halfmiddag besoekers - R55 per ete en toesig tot 14:30
Hou hierdie spasie dop vir Mind Cube Wiskunde
Vir meer inligting oor bogenoemde dienste kontak die skool by 012 365 2151 of admin@lynnwoodps.co.za